English
Version
Nuus Boere
musiek
Die
Klub
Biografie Leer
Speel
Handels
ware
Skakels Soek Kontak
Bewaar - Behou - Uitbou
Dat die erwe van ons vaad're vir ons kinders erwe bly
Orkeste
Musikante
Instansies
 
 
 
 

Reon van Aardt

[5 Maart 1991 - ]

Reon van Aardt is in Bloemfontein woonagtig en 'n velsydige musikant. Hy is toegewyd tot die Afrikaner kultuur en dien op die ATKV Jeugberaad.

Hy is die leier van die Grey Boereorkes. Hierdie orkes het in Augustus 2007 saam met die LUR van onderwys na Praag getoer. Hulle het al verskeie kompetisies gewen en is genomineer vir 'n SATMA toekenning.

Reon het in 2007 by die Volksblad kunstefees saam met Valiant Swart en Ollie Viljoen gespeel en tree steeds saam met hulle op. Hy speel tans in 6 orkeste en tree gereeld op by troues en funksies.