English
Version
Nuus Boere
musiek
Die
Klub
Biografie Leer
Speel
Handels
ware
Skakels Soek Kontak
Bewaar - Behou - Uitbou
Dat die erwe van ons vaad're vir ons kinders erwe bly
Orkeste
Musikante
Instansies
 
 
 
 

Naas van Rooyen

[xxxx - xxxx]


vlnr: J. Rall, Naas van Rooyen en Corneels van Rooyen
(Mev. van Rooyen het die kamera hanteer)

Ons dank aan Mnr. Corneels van Rooyen wat die volgende inligting omtrent sy vader, Naas van Rooyen verskaf het.

Naas het vanaf sy veertiende jaar konsertina gespeel. In sy jong dae, voordat hy met mev van Rooyen getroud is, het hy en 'n groot vriend van hom, Jan Hattingh wat kitaar gespeel het, baie op danse opgetree. Hulle word vandag nog deur die ouer garde van Newcastle en Normandien onthou en as "top" musikante beskou.

Naas van Rooyen se orkes het uit die volgende lede bestaan:

Naas van Rooyen : Konsertina
Mev. van Rooyen : Klavier en traporrel
J. Rall : Banjo
Corneels van Rooyen : Viool

Die foto is in 1945 geneem. Corneels en J. Rall was neefs en hulle orkes het heelwat op huispartytjies en familiebyeenkomste gespeel.

In die eerste wêreldoorlog van 1914 is Naas en sy maat na die die destydse Duitswes opgeroep as lede van die zroyal Natal Cabineers. Dit was ernstige sake en die musiekinstrumente kon nie saamgeneem word nie. Ná een van die veldslae het Naas 'n Duitse konsertina buitgemaak. Daarna, so het hy ons vertel, is menige aand in die woestyn konsert gehou. Die verhoog was van voerbale gemaak en daarop is gesing en gespeel. Ongelukkig het dié konsertina nie saam teruggekom nie. Dit was saam met ander goedere op 'n kuilwa wat 'n Duitse landmyn afgetrap het en in die lug opgeblaas is.

Ná die oorlog het hy weer 'n konsertina aangeskaf en dis die een op die foto. Die soort het destyds R2.00 gekos! Dis vandag nog in Corneels se besit en speel nog goed.