English
Version
Nuus Boere
musiek
Die
Klub
Biografie Leer
Speel
Handels
ware
Skakels Soek Kontak
Bewaar - Behou - Uitbou
Dat die erwe van ons vaad're vir ons kinders erwe bly
Orkeste
Musikante
Instansies
 
 
 
 

Jeremia Jesaja (oom Mias)
Jansen van Vuuren

[13 Augustus 1888 - 11 Februarie 1971]

 

Oom Mias van Vuuren is op Leeudoringstad gebore. Hy was 'n meulenaar van beroep en het op 18-jarige ouderdom met die konsertinas begin. Hy het die engelse- en boerekonsertina baasgeraak.

Hy het vir baie jare in Potchefstroom gewoon en gewerk en het ongeveer in 1934 na die Rand verhuis.

Oom Mias het opnames vir die volgende drie langspeelplate gemaak:

Uit Toeka se Dae
Die Outydse Boerekonsertina
Die Lekker ou Dae

Hy was begelei deur Neelsie (sy seun) wat banjo of kitaar gespeel het en ook deur Dries Lombaard en Frikkie Bezuidenhout wat gewoonlik die kitare beman het.

Hierdie musikant het vir meer as twee en sestig jaar konsertina gespeel, en toe hy die hoe ouderdom van tagtig jaar bereik het, was hy steeds 'n uithaler speler!

Sy bekendste nommers was die volgende:

Die Oujaarsaand-lanser
Die Deurmekaartrap-mazurka
Nuwejaarsnag-wals
Die Heidelberg-settees
Die Gallop-settees

Oom Mias is op 11 Februarie 1971 op 82-jarige ouderdom oorlede en ons is dankbaar vir sy nalatingskap aan ons Boere kultuur.